NewsNews

Hou ons kinders veilig

Ouers en onderwysers word ook aangemoedig om hierdie bewustheid by die huis en by die skool voort te sit onder jong leerders.

Parys SAPD en die Gemeenskap Polisiëring Forum (GPF) is besorgd oor die veiligheid van kinders in Parys en het daarom ‘n bewusmakingsveldtog geloods waardeur onder andere skole besoek word om ‘n bewustheid te kweek van verskeie aspekte wat die veiligheid van kinders raak.
Op 29 Mei het die GPF en SAPD onder andere Hoërskool Parys besoek en die Graad 8 en 9 leerders bewus gemaak van die belangrikheid om seksuele oortredings soos verkragting, molestering en seksuele aanranding, te rapporteer.
Die leerders is ook aangemoedig om nie boeliegedrag toe te laat, hetsy deur groepsdruk al dan nie, om op ‘n vroeë ouderdom reeds seksueel aktief te wees nie.
Die gevare van seksueel oordraagbare siektes is aan hul verduidelik, en is statutêre verkragting aan hul gedefinieer.
Hulle is bewus gemaak van die feit dat kinders bo 12 self toestemming kan gee om voorbehoedmiddels te ontvang, en om getoets te word vir die HIV-virus.
A.o. Jan Le Roux van die Parys SAPD, Anne-marie du Toit van die Parys GPF, en dr Eska de Bruin, ‘n maatskaplike werker in private praktyk, het die leerders toegespreek.
Op 5 Junie is die Dome Primêre Skool besoek en ouderdomsgepaste veiligheidswenke gegee.
Boeliegedrag by skole is word al meer ’n bekommernis. Dit kan fisiek of emosioneel wees. Boeliegedrag by kinders kan insluit om ‘n maat met opset uit te sluit, te verneder voor ander maats, of om onwaarhede oor die slagoffer te versprei onder maats.


Tydens die bewusmakingveldtog word daar aan die leerders nie net verduidelik hoe om op te tree wanneer hulself of ‘n maat geboelie word nie, maar ook hoe om teenoor die boelie op te tree, en boeliegedrag te verstaan, gesien in die lig dat dit meestal kinders is wat self onveilig of onseker voel, wat ander boelie.
Tydens die veldtog is ook aandag gegee aan die gevare van vuurwapens en dwelmmiddels, en wat om te doen as jy as kind hartseer, kwaad of alleen voel.
Die verskil tussen veilige en onveilige verhoudings, gesinsgeweld en ‘n oorwinnaar in plaas van ‘n slagoffer-mentaliteit, word aangemoedig.
Ouers en onderwysers word ook aangemoedig om hierdie bewustheid by die huis en by die skool voort te sit onder jong leerders.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button