NewsNews

Minder fondse beskikbaar om krises af te weer

Fokus op Vaal-rioolkrisis 

 

VANDERBIJLPARK. – Die bedrag van R341 miljoen wat onlangs deur Sanitasieminister Gugile Nkwinti bewillig is sodat die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) met hul werk kan voortgaan om die Vaalrivier-sisteem te rehabiliteer en werklose jeugdiges in die Vaaldriehoek op te lei om hiermee te help, is Dinsdag tydens ‘n vergadering tussen die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit, georganiseerde arbeid en die weermag tot slegs R241 miljoen verminder.

Dit is ‘n kwart van die bedrag wat benodig word om die sisteem ten volle te herstel. Afgesien hiervan is belanghebbendes steeds positief dat dit ‘n moontlike verskil in die Vaaldriehoek kan maak. “Ons vertrou dat die gelde korrek en deursigtig aangewend sal word en sal ons die rol vertolk wat van ons verwag word om hierdie proses te monitor en enige ongerymdhede in die kiem te smoor,” sê mnr. Jaco Verwey, vise-voorsitter van die Goue Driehoek Sakekamer.
Hy het gesê dié sakekamer is verheug en bly hul positief oor die fondse wat beskikbaar gestel is. “Die belofte en opgewondenheid oor werkskepping maak ons positief, en sal ons sover moontlik ons invloed gebruik om te verseker dat plaaslike arbeid en kontrakteurs gebruik word vir die werk om sodoende te verseker dat die Vaaldriehoek se mense bevoordeel word in die proses,” sê hy. Die uitvoerende burgemeester van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit, rdl. Gift Moerane, het by navraag aan Vaalweekblad aanstelling van meer as 2 000 weermaglede om die 400 pompstasies in die gebied te beman en te beveilig, is goeie nuus. “Dit sal help om die werkloosheidsyfer onder ons jeug te verminder en daartoe bydra dat meer mense hul diensterekenings kan betaal. Hy het ook gesê dat hulle sal help om die werk wat deur die weermag by die substasies gedoen is, te onderhou wanneer die weermag se werk hier afgehandel is. Almal was egter nie ewe opgewonde oor die aankondiging van die minister nie. Rdl. Gerda Senekal, raadslid vir die VF Plus in Vanderbijlpark, het gesê sy is bekommerd omdat daar in dié stadium nog geen planne op die tafel is oor die voorgestelde opleiding van die werklose mense om met die projek te help nie.
“Die vrae wat gevra moet word is, wie gaan hulle oplei, waar gaan Emfuleni wat reeds onder geldelike stres gebuk gaan, die geld kry om mense te betaal om werkloses op te lei? Sy het gesê dit neem tyd en die weermag  se aanvanklike datum dat hulle slegs ‘n jaar in die Vaaldriehoek sal wees, verstryk in November. Sy het voorts gesê Emfuleni ontvang elke finansiële jaar ‘n aansienlike bedrag om onder meer op infrastruktuur te bestee. Volgens rdl. Dalene Venter, DA raadslid vir Drie Riviere, Drie Riviere Proper en Drie Riviere-oos in Vereeniging, word daar nie gekyk na die kern van die oorsaak van die rioolprobleem in die Vaal nie. Sy het gesê die infrastruktuur in die hele Vaaldriehoek is baie oud en in Drie Riviere is daar nog kleipype ondergronds wat reeds in die vyftigerjare gelê is. “Deur die jare is bome aangeplant en is van hierdie bome se wortels nou die oorsaak dat pype stukkend gaan. Deur die jare het die gebied ook baie uitgebrei en die ou stelsel kan nie die massas riool akkommodeer nie. “Emfuleni sal dus moet ophou om stukkie vir stukkie reg te maak. Hulle sal op ‘n punt moet begin en al die infrastruktuur moet opgradeer, iets waarvoor hulle nie fondse het nie. Tot dit nie gedoen is nie, sal die mangate steeds oorloop, die pype steeds stukkend gaan en die riool steeds in die strate en in die riviere stroom,” sê sy.

Die riool op die hoek van Marklaan en Edwardstraat in die Vereeniging middestad. Kin-ders loop hier kaalvoet in die rioolwater. Foto: Verskaf

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button