NewsNews

Mans wat bad lok hewige reaksie uit

Mans wat bad lok hewige reaksie uit

Twee mans wat Woensdagmiddag omstreeks 14:30 in die fontein by die Madiba banketsaal in Potchefstroom gebad het, het hewige reaksie onder inwoners uitgelok.

Die foto en ‘n video, wat op Facebook geplaas was, wys hoe die twee mans hulself met seep smeer en dit met die fontein se water afspoel. Inwoners was verdeeld in hulle reaksies, sommiges het gevoel dat die twee mans moontlik haweloos is en ten minste hulself probeer skoon hou. Ander inwoners meen egter dié openbare ruimte is nie die plek om dit te doen nie.

“Daar is borde op wat duidelik sê wat nie by die fontein mag gebeur nie,” het een inwoner op Facebook gesê.

Dit is onduidelik of die mans werklik haweloos is. Volgens van die inskrywings op Facebook is dit twee trokdrywers.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button