NewsNews

Hulle gaan die Comrades more aandurf

Hulle gaan die Comrades aandurf

Heelwat Parysenaars sal Sondag 9 Junie die tekkies aantrek vir vanjaar se 86,83km Comrades-marathon wat van Durban na Pietermaritzburg gehardloop word. Onder die Parysenaars wat die moordende opwaartse wedloop sal aandurf is Stephanie van Rooyen, Lindsay Heathcote, Johan de Villiers, Marcelle Alborough, Annemi Beukes, Wida de Klerk, Ross Cameron, Johan Ferreira, Bertrand van den Berg en Lungile Kulasj.
Vir Lungile is dit reeds sy 20ste Comrades en is sy mikpunt ‘n dubbele groen nommer wat toegeken word aan atlete wat reeds 20 Comrades-marathons voltooi het. Hierbenewens wil hy ook sy tye van die afgelope twee jaar verbeter.

As daar iemand is wat nog vir Vrydag ’n saamrygeleentheid na Durban vir die Comrades soek kan Lungile geskakel word by 083 453 0883.
En vir die minder fikses wat die marathon op televisie wil volg, is daar die regstreekse uitsending op TV vanaf 05:30 Sondagoggend
Parys Multisport het aan die atlete wat gekwalifiseer het vir die Comrades erkenning gegee met ‘n spesiale Comrades-funksie wat hier gehou is.

Marcelle Alborough, Stephanie van Rooyen, Annemi Beukes, Lorette Pretorius en Wieda de Klerk. Almal met die uitsondering van Lorette gaan Sondag die Comrades hardloop. Vir Annemie is dit haar eerste wedloop, terwyl Stephanie, Marcelle en Wieda almal hul tweede Comrades hardloop. Vir Lindsay Heathcote (nie op foto) is dit ook ‘n eerste.

Johan de Villiers (regs) met sy deelname aan die Wally Hayward 42km.  Dit sal sy 9de Comrades wees dié naweek. Johan was vir twee jaar agtereenvolgens 43ste oor die eindstreep. Sy beste Comrades-tyd – 6 uur 12 minute.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button