NewsNews

‘Geen goeie daad word ongestraf gelaat….’

‘Fonteintjie’ ontplof in inwoner se gesig toe hy waterlek probeer herstel.

 

Willie Rossouw van Riviera Properties in Vanderbijlpark sê hulle het gisteroggend ‘n waterlek op die sypaadjie by Louis Trichardt-boulevard 148 gerapporteer. En weer. En weer.
Mega Surf het dit ook gerapporteer. Toe hulle geen reaksie kry nie, het hulle die “fonteintjie” maar self probeer regmaak, totdat dit in Willie se gesig gebars het – met skreeusnaakse gevolge vir omstanders (hoewel Willie nie gedink het dis snaaks nie).
“Ek is nou lekker opgecharge,” het Willie agterna met ‘n lang gesig, wat net so vol modder soos sy klere was, gesê.
Die Engelse het mos ‘n gesegde wat lui: No good deed will go unpunished!

Foto onder: Die waterlek in Louis Trichardt-boulevard voordat Willie dit probeer herstel het.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button