NewsNews

Pa weer later in hof na seun se skietdood

Die saak waarin ‘n pa in die Vanderbijlparkse streekhof verskyn het vir die skietdood van sy seun wat hy as ‘n rower aangesien het, is uitgestel vir verdere ondersoek. Coert Kruger sr. het Dinsdag 28 Mei weer in die hof verskyn na die tragedie op Vrydag 22 Maart toe Coert jr. deur sy pa as …

Coert Kruger sr. het Dinsdag 28 Mei weer in die hof verskyn na die tragedie op Vrydag 22 Maart toe Coert jr. deur sy pa as ‘n inbreker aangesien en doodgeskiet is.

Die alarm by een van die huise op die Stephanopark-kleinhoewes het afgegaan het en Coert saam met lede van Asec-veiligheidsmaatskappy het na die onbewoonde huis gegaan om ondersoek in te stel. Coert sr. het buite gewag terwyl die wagte die huis deursoek het.

Hulle het ‘n man gesien wat deur die plafon wou ontsnap en hom gewaarsku om af te kom. Coert wat buite gestaan het, het die man deur die dak sien ontsnap en het skote op hom gevuur. Die man het op die dak inmekaargesak en is op slag dood. Daar is met ‘n skok agterkom dat dit Coert jr. is.

Hy het ‘n sak met juweliersware by hom gehad toe hy geskiet is. Coert jr. was dieselfde dag op ‘n dwelmverwante klag vrygelaat.
Coert sr. is in hegtenis geneem en het Maandag 25 Maart in die landdroshof in die dorp verskyn en is op borgtog van R1 000 vrygelaat.

Related Articles

Back to top button