News

‘n Bietjie genade – maar net vir die petrolpomp

So bietjie genade vir sommige motoriste

Motoriste sal in Junie ‘n bietjie genade by die petrolpomp kry met die petrolprys wat na verwagting met 5c en 7c per liter sal daal afhangend van die graad petrol wat jy in jou motor gebruik.

Genade is dit verseker met die eerste daling in die petrolprys die afgelope 5 maande. Hoewel nie veel nie kan dit vir ‘n 45 ligter tenk petrol  R2,25 of R3,15 minder uit jou sak beteken afhangend van of jy 95-oktaan of 93-oktaan petrol gebruik.

Diesel is egter ‘n ander storie. Die dieselprys sal na verwagting met tussen 19c en 20c per liter duurder word. Vir ‘n 45 liter tenk diesel sal motoriste dus tussen R8,55 en R9 duurder moet beetaal. Die pryse kan wissel van vulstasie tot vulstasie omdat kleinhandelpryse vir diesel nie gereguleer word nie.

Paraffien styg met ongeveer 8c per liter.

Die Junie-pryse tree op Woensdag 5 Junie in werking.

 

Related Articles

Back to top button