NewsNews

Sterrekyk in die Koepel

Die eerste sterrekyk-geleentheid vir die nuwe seisoen word op Saterdagaand 8 Junie deur Frik le Roux by die Sterrewag op Deelfontein aangebied.

Die verrigtinge begin om 18:00 met ‘n aanbieding in die seminaarkamer langs die Sterrewag, en teen 19:30 is dit donker genoeg om deur die teleskoop te begin kyk.
Benewens al die interessanthede van die diep ruimte, sal die sekelmaan, wat vyf dae na nuwemaan vroegaand sigbaar sal wees, ook baie mooi vertoon, met die kraters wat in die skuins lig van die son lang skaduwees gooi.
Besoekers kan gerus verkykers saambring, want die groter konstellasies is daardeur beter sigbaar as in die sterk teleskope.
Die uitstappie kos R100 per persoon.
Bring warm klere en skoene saam al behoort die nagtemperature nog nie so laag te wees soos wat later in die winter verwag kan nie.
Padaanwysings na Deelfontein is op www.deelfontein.co.za beskikbaar.
Meld asseblief per epos aan by gerhard@deelfontein.co.za of per sms aan 083 280 9784.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button