NewsNews

AfriForum verklaar dispuut met MultiChoice oor Steve

Burgerregte-organisasie sê dit is dubbele standaarde

 

AfriForum verklaar dispuut met MultiChoice oor Steve

 

Die burgerregte-organisasie AfriForum het ’n dispuut met MultiChoice verklaar na aanleiding van die inkonsekwente toepassing van dié televisiemaatskappy se politieke beleid. Dít volg nadat MultiChoice aangekondig het dat dit hul beleid is om nie blootstelling te gee aan persone wat verdelende uitsprake maak nie.
AfriForum meen egter dat hierdie beleid slegs “met betrekking tot een individu” toegepas word.

“Waar MultiChoice onlangs aangekondig het dat hulle sensuur met betrekking tot die kunstenaar Steve Hofmeyr gaan toepas deur geen beeldmateriaal van hom te publiseer nie, word geen stappe gedoen teen ander kunstenaars wat aktief geweld en rassehaat teen minderhede op sosiale media aanmoedig nie. AfriForum eis ook dat MultiChoice alle borgskappe aan organisasies en partye – insluitend die ANC – wie se verteenwoordigers verdelende uitsprake maak, summier staak,” eis AfriForum.

AfriForum sê op sy webblad die kunstenaar Ntsiki Mazwai publiseer gereeld rassistiese en aanhitsende kommentaar teenoor minderhede op sosiale media, maar is onlangs as aanbieder van die kletsprogram Show me Love aangestel, wat op Moja Love (kanaal 157 op DSTV) uitgesaai word.

Op 6 November 2017 het Mazwai getwiet: “With all the whites assaulting blacks… does it make it fairground to go on a white beating spree? Beat them bonke man, woman or child?” (sic).
Op 18 Februarie 2018 het Mazwai getwiet: “There is no such thing as White Excellence…only thing whites are excellent at is stealing and copying” (sic)
Op 1 Februarie 2019 het Mazwai na aanleiding van die tragiese insident waar kinders van Hoërskool Driehoek weens die ineenstorting van ’n brug gesterf het, getwiet: “guys it’s an Afriforum school….” (sic).
Op 20 Maart 2019 het Mazwai getwiet: “When you learn the history of Afrika…….and it’s indigenous people. The people who actually BELONG here . You know In other African countries whites were escorted to their ships. One day that’s gonna happen here too” (sic)
Later dieselfde dag, op 20 Maart 2019 het Mazwai getwiet: “Don’t ever forget: WHITES LIE!!!!” (sic)
AfriForum het daarom ’n dispuut met MultiChoice verklaar en eis ingevolge die dispuut dat die maatskappy se politieke beleid óf hersien óf konsekwent toegepas moet word.

Joe Heshu, MultiChoice se uitvoerende hoof van korporatiewe sake, het in ’n verklaring gesê dat MultiChoice verbind is tot die bou van ’n nierassige samelewing en enige handelinge van diskriminasie ten sterkste veroordeel.

MultiChoice borg gereeld byeenkomste van die ANC se Progressive Business Forum en het ook in Februarie vanjaar die EFF se gala-dinee geborg.

* AfriForum moedig lede van die publiek aan om hul stemme tot die dispuut met MultiChoice te voeg deur die dispuut by hierdie skakel te onderteken:
https://www.afriforum.co.za/dispuut-met-multichoice-oor-dubbele-standaarde/

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button