NewsNews

Jy kan nou vir Potch stem

Stemme sluit 31 Mei en met elke nommer kan slegs 30 keer gestem word.

Hoewel baie mense voel dat Potchefstroom heeltemal te ver agteruit gegaan het om enigsins die titel te verdien, is dit juis inwoners wat dié titel verdien. Die dienslewering waarmee die dorp sukkel gaan oor swak administrasie deur die dorp se besluitnemers.

Gewone inwoners is die hartklop en room van Potchefstroom.

‘n Ooglopende voorbeeld is die verskeie organisasies, soos DTB en AfriForum wat slaggate herstel, padtekens verf en die dorp verfraai. Die Cachetpark CID het ‘n gedeelte van die Bult onder hande geneem om vullisverwydering, sekuriteit en verfraaing te behartig.

Inwoners het ook saamgestaan toe ‘n pa en sy seun op ‘n hoewe in Vyfhoek erg aangerand is. Kort nadat inwoners die berig in die Herald gelees het, het motorfietsryers van Potchefstroom die jong seun op sy verjaarsdag verras. Mense het ook met mediese kostes gehelp.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button