NewsNews

Motorfietsryer en fietsryer sterf albei in ongeluk

Motorfietsryer en fietsryer sterf albei in ongeluk

VANDERBIJLPARK. – ‘n Motorfietsryer en ‘n fietsryer is albei opslag dood toe die fietsryer oor die pad voor die aankomende motorfietsryer ingery het.

Die ongeluk hetSaterdag 25 Mei, ongeveer 17:00 plaasgevind op die R57 net na die Flora Gardens brug in die rigting van die R42 (Kruising van die dood). Volgens inligting was die motorfietsryer, vermoedelik in sy dertigs, van ‘n byeenkoms op pad huis toe toe die fietsyryer voor hom oor die pad gery het. Verkseie ander motorfietsryers het op die toneel gestop en vriende en familie het mekaar getroos.

Die motorfiets, ‘n Suzuki GSX 1000 het ‘n ent daarvandaan in die bosse gelê.

Albei is deur ER24 op die toneel dood verklaar. Emfuleni verkeer was op die toneel en het die verkeer beheer. Die polisie en forensiese deskundiges het die toneel gefynkan en gefotografeer en die saak word ondersoek.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button