VANDERBIJLPARK. – Die lyk van ‘n jong man is gister, Donderdag 23 Mei uit die Vaalrivier gehaal.
Volgens inligting het ‘n kanovaarder die lyk gister na 17:00 op die water in die omgewing van Klipbaai sien dryf en die polisie se watervleuel ontbied. Die lyk is uit die water gehaal en na die wal gebring by die Riverspray kompleks.
Die jong man in sy twintigs se identiteit kon egter nog nie bepaal word nie. Hy was geklee in grys bostuk en blou oorpakbroek.
Die polisie ondersoek die voorval.