NewsNews

Vermoor vir ‘n vuurwapen en beursie

Vermoor vir 'n vuurwapen beursie

Die liggaam van die 73-jarige mnr. Theunis Bosch van die plaas Mynrust, is Vrydagoggend in sy huis op die plaas sowat 30km buite Vredefort langs die R721 gekry. Hy is twee maal geskiet met ‘n klein kaliber. Net sy .22 vuurwapen, beursie, ID en bankkaarte  word vermis.

Die nuus van die moord op mnr. Bosch is met groot skok en hartseer in die Vredefort-gemeenskap ontvang. Nog ‘n sinnelose plaasmoord skaars ‘n jaar na die moord op mnr. Dirk Steenkamp, nog ‘n boer van die distik.

Wyle mnr. Bosch is vermoedelik reeds Woensdagnag 15 Mei wreed in sy huis vermoor. Sy bebloede liggaam is Vrydagoggend 17 Mei, deur sy swaer, mnr. Johannes Maree, in die huis gekry nadat die Marees begin onrustig word het omdat hy nie sy selfoon geantwoord het nie, en hulle hom ook nie gesien het nie.

Wyle mnr. Bosch is die tweelingbroer van Maree se vrou, Susan.

Dit blyk dat sy moordenaars toegang tot die huis gekry het deur ‘n venster te breek. Hulle is later by die agterdeur uit wat hulle ook weer gesluit het. Die sleutel word nog vermis.

 

Mnr. Bosch was baie veiligheidsbewus en was sy huis en dié van die Marees minute se stap van mekaar.

Omdat die Marees geweet het dat mnr. Bosch graag vandeesweek Nampo toe wou gaan en rondgevra het vir iemand om mee saam te ry, het hulle aanvanklik gedink dat hy Nampo toe is toe hulle hom nie gesien het nie.

Hulle het egter onrustig geword toe hy nie sy selfoon geantwoord het nie.

Vrydagoggend het Maree die diefwering van een van die vensters afgesaag en sy bebloede liggaam in die gang van die geplunderde huis gekry.

Wyle mnr. Bosch het by Sasol en Denel gewerk en nog tot onlangs as Elektroniese kontrakteur aan boukontrakte in Kroonstad gewerk.

Mnr. Bosch se vrou, Minnie was nie tuis ten tyde van die moord nie, omdat sy na die kleinkinders in Vereeniging moes kyk. Die egpaar het drie kinders, Annalize, Theunis en Beatrice.

*Ons diepe medelye met die gesin en familie.

 

Related Articles

Back to top button