NewsNews

Gevare van riool wat in riviere inloop

Gevare van riool wat in riviere inloop

Vanderbijlpark – Riool wat in riviere inloop, veroorsaak groot skade aan die ekosisteem van die Vaalrivier. Die nitrate, fosfate en ander organiese materiaal binne die riool dien as voedsel vir bakterieë en alge.
Dit veroorsaak dan dat die bakterieë en alge oorpopuleer, tot so ‘n mate waar organismes die meeste van die suurstof binne die water opgebruik, wat dit ontsettend moeilik tot onmoontlik maak vir ander organismes om te oorleef.
Sommige van die bakterieë en alge wat oorpopuleer is mikro-organismes wat dodelike siektes bevat en kan veroorsaak dat die ekosisteem makliker en vinniger vernietig word. Riool veroorsaak bakterieë en virusse soos Giarda, E.Coli en Amoebic, dysentery wat erge siektes kan veroorsaak en kan bydra tot lewer en nierbeskadiging. Hoe meer dit die water besmet, hoe minder drinkwater is daar vir die gemeenskap.
Riool in riviere ly tot ‘n hewige ekonomiese verlies vir die gebied. Om riool wat in die rivier ingeloop het te verwyder en te rehabiliteer, kos miljoene.
Dit veroorsaak ook ‘n verlies aan inkomste vir die gebied, aangesien dit toerisme benadeel.
* Inligting verskaf deur AfriForum Vanderbijlpark.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button