NewsNews

Gee woema aan jou kind se immuniteit

Verkoue en griep by kinders gedurende die wintermaande is ‘n gegewe omdat hulle immuniteit nog nie so goed soos volwassenes ontwikkel het nie.

Verkoue en griep by kinders gedurende die wintermaande is ‘n gegewe omdat hulle immuniteit nog nie so goed soos volwassenes ontwikkel het nie. Volgens pediaters is dit normaal vir ‘n kind om ses tot agt keer gedurende die jaar verkoue te kry.

Dit help ook nie dat die skoolomgewing die perfekte teelaarde vir kieme is nie. Kinders is in noue kontak met mekaar wat aansteeklikheid verhoog. Verder dra slegte gewoontes, soos om hul vingers en allerhande objekte in hul mond te steek, ook nie juis by om kieme te vermy nie.

Verkoues kom meer in die wintermaande voor omdat kinders meer tyd binneshuis spandeer. Die virusse wat verkoue veroorsaak versprei makliker in koue, droë lug. Ons neusholtes is ook droër wat veroorsaak dat die virusse ons sieker in die winter as in die somer maak.

Gee woema aan jou kind se immuniteit deur die volgende te doen:

  • Vaksineer teen griep. Daar word aanbeveel dat kinders vanaf ses maande en ouer ‘n jaarlikse griepvaksine kry. Dit keer dat kinders griep kry en na ander kinders versprei.
  • Kweek gesonde eetgewoontes en sluit vis (ten minste 2x per week) en genoeg vrugte en groente in hul dieët in. Hulle moet veral rooi, geel en oranje groentes en vrugte eet wat meer vitamien C en karetinoïdes bevat. Dit help dat die liggaam meer witbloedselle produseer wat infeksie beveg.
  • Kinders moet genoeg slaap. Peuters van 12 maande tot drie jaar moet verkieslik tot 13 ure per dag slaap terwyl kinders van drie tot 12 jarige ouderdom 12 ure se slaap moet inkry.
  • Verminder stresvlakke. Stres het ‘n nadelige invloed op kinders se gesondheid omdat dit hulle immuniteitsiteem afbreek.
  • Leer hulle goeie gewoontes soos om hulle hande gereeld te was en hulle hand voor hul mond en neus te hou wanneer hul hoes of nies.

Related Articles

Back to top button