CommunityNews

Selfverdediging – dit kan jou lewe red

Mans, vrouens en kinders kan die kursusse bywoon – oud of jonk, maak nie saak nie.

Met misdaad wat ’n harde realiteit in Suid-Afrika is en mense daagliks raak, word selfverdediging ’n al hoe belangriker vaardigheid om aan te leer.
Al onthou jy net ’n paar basiese begrippe, het jy reeds ’n voorsprong in ’n situasie waar jy dalk genoodsaak is om jouself te beskerm.
Boonop is dit nie moeilik of verg besondere fiksheid nie – net die gewilligheid om te leer.
Parysenaars het die afgelope drie maande hard gewerk om hierdie selfverdedigingsvaardighede aan te leer, of selfs net weer op te skerp.
Die kursus word reeds die afgelope 9 jaar deur Kobus Grobler en Sonja van Rhyn aangebied as liefdadigheidsprojek vir die Parys-gemeenskap.
Hierdie was die eerste kursus vir 2019, en sal daar weer in Augustus geleentheid wees, sou jy hierdie kursus misgeloop het.
Die kursus word in die kerksaal van die NG gemeente Parys-Oos aangebied, en slegs ’n eenmalige fooi van R200 word gevra vir die drie maande kursus. Ingesluit in die fooi is ’n sertifikaat (moet 80% bywoning hê) en ’n Japanese handwapen.
Mans, vrouens en kinders kan die kursusse bywoon – oud of jonk, maak nie saak nie.
Maak gebruik van die geleentheid. Vir meer inligting skakel Sonja van Rhyn by 082 327 4250 of hou haar Facebookblad dop vir toekomstige kursusdatums.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button