NewsNews

Sysaal-kiesers geskok oor stank en rommel

Terwyl kiesers in Parys al vroeg begin toustaan het om hul kruisies te trek vir die 2019 provinsiale en nasionale verkiesing, was die sysaal van die stadsaal wat die keer pleks van die dorp se stadsaal, as stemlokaal gebruik is, ‘n vieslike gesig vir baie. Kiesers het op sosiale media geskryf dat dit een van hul …

Terwyl kiesers in Parys al vroeg begin toustaan het om hul kruisies te trek vir die 2019 provinsiale en nasionale verkiesing, was die sysaal van die stadsaal wat die keer pleks van die dorp se stadsaal, as stemlokaal gebruik is, ‘n vieslike gesig vir baie.

Kiesers het op sosiale media geskryf dat dit een van hul mees onaangenaamste verkiesings ervarings ooit was.

“Ek is gewalg deur wat die regering aan ons land en my tuisdorp, Parys, gedoen het. Die Ngwathe munisipaliteit het sy inwoners gefaal met die onmenslike en destruktiewe karakter.”

En so lyk ‘n deurslot by een van die deure by die sysaal.

 

“Die eens pragtige stadsaal is vernietig deur verwaarlosing en is nou te gevaarlik om soos voorheen as stemlokaal gebruik te word met plafonne wat inval en ‘n beskadigde houtvloer. En daarom moet ons nou om die hoek in ‘n klein sysaal van die stadsaal stem. Hier waar hawelose mense dit hul slaapplek gemaak het onder ‘n boom en elke hoek en draai as toilet gebruik word. Verbeel jou die stank!” is geskryf.

Daar was veral ook uitgevaar teen die  OVK oor die vullis wat by die sysaal rondgele het en nie opgetel is om dit minstens netjieser vir kiesers te maak nie.

“Is die publiek nie waardig om in ‘n ordenktlik omgewing te kan stem nie, of is dit die standaard? Ek voel verkleineer en beledig.”

Gazette sal die aangeleentheid so spoedig moontlik onder die OVK se aandag bring en terugvoer gee oor die reaksie op kiesers se ongelukkigheid.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button