Roudiens vir pa en seuntjie Maandag gehou
Die roudiens van ‘n jong pa, Shaun Locke (30), en sy 4-jarige seuntjie, Arlo, sal Maandag 13 Mei om 11:00 vanuit die AGS Drie Riviere gehou word. Shaun en klein Arlo het Sondagmiddag tragies op die toneel gesterf na ‘n botsing op die R59-snelweg op die lang draai net voor Vaalpark in die rigting van …
Die roudiens van ‘n jong pa, Shaun Locke (30), en sy 4-jarige seuntjie, Arlo, sal Maandag 13 Mei om 11:00 vanuit die AGS Drie Riviere gehou word.
Shaun en klein Arlo het Sondagmiddag tragies op die toneel gesterf na ‘n botsing op die R59-snelweg op die lang draai net voor Vaalpark in die rigting van Sasolburg.
Die Locke-gesin, Shaun, Rianca en Arlo, was in hul wit Opel Astra van Vereeniging na Shaun se pa, Piet, in Parys onderweg, toe die ongeluk gebeur het, het ‘n familielid aan Gazette vertel. Shaun was Piet se oudste seun.
Rianca is beseer in die kop-teen-kop-botsing waarin drie voertuie betrokke was, en is deur Vaal Emergency Services na die Vaalpark-hospitaal geneem.
Die bestuurder van ‘n wit Toyota Quest is kritiek beseer en is op die toneel deur paramedici behandel, maar is oomblikke later op die toneel dood. Sy passasier, ‘n vrou, was ongedeerd, maar baie geskok.
Die insittendes van die derde voertuig is nie beseer nie.
Ons opregte medeleye met die familie.