NewsNews

Reenweer jaag kiesers aan

So is daar gestem in Parys op stemdag 8 Mei.

Stemlokale in Parys was vroegoggend al besig toe kiesers begin tou staan het te midde van eendeweer. Dit was gou duidelik dat die reenweer Vrystaatse kiesers aangejaag het om hul kruisies te trek.

In Tumahole was van die stemlokale vanoggend egter nog stil.

Teen vanmiddag net na 16:00 het die ANC se sekretaris-generaal en oudpremier van die Vrystaat, Ace Magashule, saam met die Ngwathe burgemeester, Joey Mochela, hul stemme gegee by die AME Church in Tumahole.

 

 

ANC sekretaris-generaal, Ace Magashule maak gereed om te stem in sy tuisdorp, Parys.

Ngwathe burgemeester, Joey Mochela by die AME Church stemlokaal net na 16:00 vanmiddag.

 

By die meeste stemlokale in Ngwathe het die stemproses rustig verloop en was veral die Wes-kerk stemlokaal deurgaans baie besig. En soos vorige jare was dit ook juis by hierdie stemlokaal waar daar lekker gekuier en lekker geeet is.

By die NG Kerk Parys-Wes het kiesers deur die dag tou gestaan.

‘n Oudburgemeester van Parys, Hennie Stander, wat ook sy stem by die NG Parys-stemlokaal uitgebring het.

‘n Verkiesingsbeampte met ‘n groot glimlag by die Parys Biblioteek-stemlokaal, wys aan Nico Uys waar om te gaan.

Een van die stemlokale in die landelike gebied van Parys.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button