NewsNews

Toringreus groei stil-stil

Toringreus groei stil-stil

Binne ‘n dag het dié reuse “boom” van 30m hoog sy staan gekry op die h/v Bredel- en Grensstraat in Parys.
Die selfoontoring is deur Sectional Poles opgesit in opdrag van Sky Coverage en weeg 8,6 ton.


Nadat die voorbereiding vir die oprig van die toring vroeër gedoen is, het Sectional Poles se vyf werknemers verlede Dinsdag begin met hul werk en het die boom, blare en al ‘n dag later gestaan.
Soortgelyle torings staan onder meer ook in die omgewing van die hospitaal, en op Gholfeiland.
Van die inwoners in die omgewing het egter op sosiale media en ook teenoor Gazette hul misnoeë uitgespreek omdat hulle nie vooraf geken is in die besluit om die toring hier op te rig nie, en was dit ook vir hulle ‘n verrassing om die gewerskaf op die sypaadjie verlede week te sien.

Toring gevaar, of nie

Vandag is dit geen ongewone gesig om selfoontorings soos paddastoele of moet ons liewer sê bome, te sien opskiet in dorpe regoor die land nie. Selfs op skoolterreine, kerkgronde en private en besigheidseiendom, soos wat die afgelope week ook op die h/v Grens- en Bredelstraat gesien is.
Hier het ‘n selfoontoring-boom van 30m hoog tot groot verbasing van inwoners van die omgewing oornag sy staan gekry.
Die vraag is of hierdie toring ‘n gesondheidsgevaar vir inwoners in die direkte omgewing daarvan inhou?
Volgens die Wêreld Gesondheidsorganisasie (WGO), blyk die antwoord nee te wees.
Volgens verslae deur die organisasie is die blootstelling aan radiofrekwensie seine van ‘n selfoontoring binne internasionaal aanvaarde riglyne. Daar word selfs gemeen dat blootstelling aan die seine oënskynlik laer is as die blootstelling by radio- en TV uitsaaisenders.
Ook die departement van gesondheid se bevindinge rondom die gesondheidsgevaar aldan nie vir mense naby ‘n selfoontoring, word deur die WGO se studies gelei en is veral gekyk na gebiede waar daar baie publieke beweging is soos by skole en hospitale. Tot op hede kon nog geen konkrete bewyse gevind word dat hierdie torings skadelik is vir mense se gesondheid nie, sê die verslae.
Volgens die bevindinge van verskeie wêreldwye studies oor selfoontorings se elektromagnetiese velde op grondvlak, blyk dit te wissel tussen 0,001% en 1%.

 

Related Articles

Back to top button