NewsNews

Terug op die skoolbanke na 50 jaar

‘n Groot voorreg om soveel klasmaats na 50 jaar weer bymekaar te kon hê.

Vrydag 26 April was dit terug “hok” toe vir die 1969-matriekklas van Hoërskool Parys. Vyftig jaar nadat hulle op dié skoolbanke gesit het, is daar weer agter die lessenaars ingeskuif – maar dié keer vir die sesde saamkuier in 50 jaar. Vir dié groep is reünie-kuier elke vyf jaar instelling, met die laaste reünie wat in 2014 hier gehou is. Die plan is om oor vyf jaar weer so te maak.
Intussen wil dié wat in Pretoria gevestig is ook meer gereeld bymekaar kom en nooi hul oudklasmaats om te kom saamkuier. Van die groep van 39 is ses oorlede, en was daar Vrydag 17 van die klasmaats wat letterlik van oraloor gekom het – selfs sover as Danabaai. Onder hulle ook die vier hoofleiers van destyds – prof. Francois de Wet (hoofseun) en die hoofdogter, Leonie Nieuwoudt (van Heerden), asook die onderhoofdogter, Ina Muller (Henning) en onderhoofseun, Dirk Claassens (foto)


Na die verwelkoming in die personeelkamer is daar saam geëet en staaltjies uitgeruil oor die afgelope vyf jaar van elkeen se lewenspad.
Daar was veral groot lof vir die pragtige sandsteen skoolgebou en die puik versorging van die skoolterrein en tuine.
‘n Groot voorreg om soveel klasmaats na 50 jaar weer bymekaar te kon hê.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button