NewsNews

Christene verenig vir dit wat hulle vir SA wil hê

Christene verenig vir dit wat hulle vir SA wil hê

Dit het nie oor politiek gegaan nie. Ook nie oor kerke nie. Dit was om te wys wat Christen Suid-Afrikaners van ‘n regering wil hê.
So het Parysenaars, in wit geklee, Saterdag op Vryheidsdag, ‘n roete deur die dorp gestap in ondersteuning van Christelike Konsensus SA, vir die landwye greatawakeningssa projek.
Op die vooraand van die 2019 nasionale en provinsiale verkiesing het Christene regoor die land verenig, juis om ‘n regverdige, Godvresende regering vir SA te bepleit.
Voor die staptog is ‘n 10 minute gebedsverootmoediging, gelei deur dr. Arthur Frost, met lewendige uitsending op Facebook gehou.
Parysenaars het daarna met helder vlae en spontane samesang, deur die dorp beweeg.


Dankie aan hulle wat gehelp het om vullis langs die roete op te tel, elkeen wat saamgestap het en gedeel het in ‘n ongelooflike ervaring van eensgesindheid, Karin Terblanche vir die organisasie, Parys SAPD en Gary Westwood wat oudergewoonte op die trekker was om seker te maak daar kon veilig deur die strate van Parys beweeg word.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button