NewsNews

Privaat vervolging van Thandi Modise tot 6 Mei uitgestel

Privaat vervolging van Thandi Modise tot 6 Mei uitgestel

Bejani Chauke, pres. Cyril Ramaphosa se raadgewer, en kapt. Tebogo Mokolobate moes op 29 April 2019 in die Potchefstroomse landdroshof verskyn óf arrestasie in die gesig staar.

Hulle is as getuies in die privaat vervolging van Thandi Modise gedagvaar, waar AfriForum se privaatvervolgingseenheid namens die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) optree.

Chauke het wel in die hof verskyn en ’n ongetekende geskrewe verklaring verskaf. Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, het by ooreenkoms met Chauke se regsverteenwoordiger die uitgereikte lasbrief laat kanselleer en daar is ooreengekom om hierdie verklaring aan te vul voor 6 Mei 2019. Mokolobate het egter geen verklaring verskaf nie en hom tydens verrigtinge op regsverteenwoordiging beroep. Verrigtinge is tot 6 Mei 2019 uitgestel om Mokolobate in staat te stel om regsverteenwoordiging te bekom.

Chauke was tydens die pleging van die beweerde misdaad Modise se raadgewer. Mokolobate is ’n kaptein in die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en was ten tyde van die pleging van die beweerde misdaad die hoof van Modise se sekuriteit.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button