NewsNews

Bespreek, besluit en skenk

Hoe maak ek en jy ’n verskil?

Om ’n langtermyn positiewe verskil in die samelewing te maak is een van die grootste menslike uitdagings – iets wat baie al deur die eeue heen probeer het. Vandag kan jy egter selfs na jou afsterwe ’n verskil maak. Die verskil van orgaan- en weefselskenking! Jou besluit om ‘n orgaan- en weefselskenker te word, kan help om lewens te red, of om iemand anders se kwaliteit van lewe drasties te verbeter.
Duisende Suid-Afrikaners wag vir orgaan- en weefseloorplantings, maar as gevolg van die kritiese tekort aan skenkers is daar steeds jaarliks baie pasiënte wat sterf sonder om hierdie spesiale geskenk van lewe te ontvang. Net soos in die geval van organe is die aanvraag vir been, vel, korneas en hartkleppe baie groot en oorskry dit die beskikbare hoeveelhede van hierdie tipe weefsel vir oorplanting.
Organe soos die hart, niere, longe, lewer en pankreas kan lewens red, terwyl weefseloorplanting verskeie genesings moontlikhede het en die geleentheid bied om weer normaal te funksioneer. So gee:
•Korneas die geskenk van sig;
•Hartkleppe kan kongenitale defekte herstel;
•Vel ’n skenking kan ’n brandslagoffer se lewe red;
•Been en tendons bied aan iemand wat beenverlies as gevolg van besering of siekte gely het, die geleentheid om weer ’n mobiele lewe te lei.
Hoe maak ek en jy ’n verskil?
Bespreek die moontlikheid van orgaan- en weefselskenking met jou familie. Maak die besluit om te skenk. Registreer as skenker en maak seker dat jou familie bewus is van jou besluit.
Vir meer inligting en om te registreer gaan na: www.odf.org.za of www.tissuedonation.org.za.
Vir enige navrae kan Elize Scheepers gedurende kantoorure geskakel word by 082 4117 109

 

Related Articles

Back to top button