NewsNews

Selfoontoring-boom sal vanmiddag staan

Die reuse “boom” van 30m hoog sal teen vanmiddag, Woensdag 24 April staan, op die h/v Bredel- en Grensstraat in Parys. Die selfoontoring word deur Sectional Poles opgesit in opdrag van Sky Coverage en weeg 8,6 ton. Nadat die voorbereiding vir die oprig van die toring vroeër gedoen is, het Sectional Poles se vyf werknemers …

Die reuse “boom” van 30m hoog sal teen vanmiddag, Woensdag 24 April staan, op die h/v Bredel- en Grensstraat in Parys.

Die selfoontoring word deur Sectional Poles opgesit in opdrag van Sky Coverage en weeg 8,6 ton.

Nadat die voorbereiding vir die oprig van die toring vroeër gedoen is, het Sectional Poles se vyf werknemers gistermiddag begin met hul werk en is die laaste voorbereiding vanoggend vroeg gedoen met die boom wat toe nog op die sypaadjie gelê het.

Die blare sou later vanoggend opgesit word.

Soortgelyle toring staan onder meer ook in die omgewing van die hospitaal, op die Wes-Kerk terrein en op Gholfeiland.

Die selfoontoring boom in wording

 

 

Related Articles

Back to top button