NewsNews

Beloning vir gesteelde mossie nou R10 000

Beloning vir gesteelde mossie nou R10 000

VANDERBIJLPARK. – Die Du Plessis-gesin se mak mossie, Sabi, is onlangs tydens ‘n huisroof gesteel en ‘n R10 000 beloning word aangebied vir die terugbesorging van die geliefde voëltjie.
Daar was eers ‘n R5 000 beloning vir hom, maar na hul hartseerverhaal in Vaalweekblad verskyn het, het ‘n 83-jarige weldoener van Vereeniging daarop aangedring
om R5 000 ekstra by te dra met die hoop om Sabi terug te kry.

Die Du Plessis se hoop om hul geliefde Sabi sal terug kry is stadig besig om weg te kwyn en hoop dat die bedrag nog ‘n laaste kans bied. Die gesin was met vakansie in die Wildtuin en hul ouers in Corstraat, CW6, het na Sabi omgesien. Toe hul ouers die Sondag kerk toe is, is daar  omstreeks 10:30 by hul huis ingebreek. Verskeie besittings is gesteel, waaronder ook Sabi. Selfs sy kos is gesteel. “Ons is baie lief vir hom en het hom met die hand grootgemaak,” sê Christa du Plessis. Mense moet asb. nie kanse vat en vir hulle enige mossie bring nie. Die mossie is baie spesiaal en hulle sal hom dadelik kan uitken. Indien enigeen leidrade het, kan Christa by 082 813 4382 of 076 7960 582 gekontak word.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button