NewsNews

‘Dis Versace, darling!’

En vir ‘n tweede keer is dit wat Parys besoekers aan die dorp kan bied, wat kykers vanaf 15 Julie vasgenael sal hou, wanneer “Opgetof” aanbieders, Eugene en Rinet van Eugene Coetzee & Associates Interior Design & Decor, gaan raakvat en mooimaak hier.

‘n Prentjie van ‘n straataansig van die Eiffeltoring in Parys, Frankryk. Dit is waar dit alles begin het.
Uit dié prentjie en met die visie van sakevennote Hugo Vermaak, Theo Naude en Derick en Polla Claassen van G on V Signature Bar, is die idee gebore vir seisoen 2 van die leefstylprogram, “Opgetof” op VIA DSTV se kanaal 147.
En vir ‘n tweede keer is dit wat Parys besoekers aan die dorp kan bied, wat kykers vanaf 15 Julie vasgenael sal hou, wanneer “Opgetof” aanbieders, Eugene en Rinet van Eugene Coetzee & Associates Interior Design & Decor, gaan raakvat en mooimaak hier.


Met seisoen 1 van die program het Parys die voorreg gehad om Eugene en Rinet se hand te kon sien in wat gedoen is by ses gastehuise in en om Parys.
Sedert 8 April is die twee saam met plaaslike kontrakteurs hard aan die werk vir die groot mooimaak van die Gin Signature Bar wat begin Mei sy deure by Egweni in Parys oopmaak.
Gesofistikeerd, modern, kontemporêr in petrolblou met ‘n pienk-en-goud aksent, en ‘n “Mirrored bar” – dit is wat kliënte na die optowwery by G on V kan verwag.


En dan – baie Versace, by die tent op die stoepdek met sy “bling” en donker grys aksente vir ’n dramatiese gesofistikeerde voorkoms.
Vir Eugene en Rinet is hul grootste uitdaging om in ‘n relatief ou gebou te speel met detail, tekstuur, ligte en spieëls om ‘n lewendige, dog dramatiese karakter te gee in die kuiergedeeltes van die restaurant, kroeg/VIP Lounge en tent.

Hoewel die Gin Bar vroeg Mei open, beplan die span ‘n groot opening vir middel/einde Mei voor die afskop van die reeks.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button