NewsNews

Ses spring van bakkie toe bus op hul afpeil – twee dood

Ses spring van bakkie toe bus op hul afpeil – twee dood

VANDERBIJLPARK. – ‘n Man en vrou is gistermiddag (Saterdag 13 April) opslag dood toe hulle voor ‘n bus beland het nadat die bakkie waarop hulle agterop gery het saam met vier ander passasiers, in ‘n slaggat gery het en hulle afgespring het van die bakkie toe ‘n bus met ‘n groot spoed op hulle afgepeil het.

Die ongeluk het net voor 13:00 op die verlenging van Andries Potgieter boulevard (Tshepiso pad) plaasgevind. Vier pasiente waarvan een ernsgtig beseer is, is deur Gauteng EMS na die hospitaal geneem vir behandeling. Volgens die bestuurder en sy passasier wat saam met hom voor in die GWM Steed was, het hy die bakkie tot stilstand gebring nadat hy deur die bykans twee by een meter slaggat gery het. Volgens hom het die bus hulle van agter genader. Die ses passasiers wat agter op die bakkie was, het die bus met ‘n hoë spoed sien aankom. Hulle het probeer af spring van die bakkie. Die bus het die bakkie regs agter getref.

Vier van die ses mense wat agter op die bakkie was het in die aankomende baan afgespring waar die bus met sy momentum verby die bakkie gejaag het. ‘n Man en vrou is opslag dood toe die bus hulle raakgery het en nog ‘n man en vrou, is ernstig beseer. Die twee ander passasiers wat op die bakkie was het egter ligte beserings opgedoen en een het in die pad gesit met ‘n knieg besering. Niemand anders is in die ongeluk beseer nie.

Paramediese personeel van Gauteng EMS en die polisie was op die toneel en forensiese  deskundiges het die toneel ondersoek.

Related Articles

Back to top button