NewsNews

Man sterf na voertuig verskeie kere rol

Man sterf na voertuig rol

VANDERBIJLPARK. – ‘n Man is Donderdag 11 April opslag dood toe die voertuig waarmee hy gery het op die R57 net na die vernouing van die dubbelweg verby die Flora Gardens oorbrug, verskeie kere gerol het.

Joe Viljoen, wat ‘n leerling by ‘n skool in Vanderbijlpark moes gaan haal het, het met ‘n Toyota Fortuner V8 van sy werknemer verskeie kere gerol. Volgens ‘n ooggetuie, wat ook in die rigting van Vanderbijlpark se kruising by Barrageweg en die R57 op pad was, het gesien hoe die bestuurder van die Fortuner beheer verloor oor sy voertuig en verskeie kere gerol het. Hy is uit die wrak gegooi en het sowat 14m verder gelê.

Netcare 911 en ER24 was op die toneel maar kon niks vir hom doen nie. Hy is op die toneel dood verklaar. Die wrakstukke van die motor het oor ‘n groot afstand gelê en sy selfoon en die voertuig se tru-spieël is weerskante van die vierbaan weg tussen die gras langs die pad gevind.

 

Foto: Jannie du Plessis

Foto: Jannie du Plessis

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button