NewsNews

Veiligheid: Maak jy ook dié foute?

Veiligheid - maak jy ook dié foute

Die foute wat huiseienaars maak, is dikwels ‘n ope uitnodiging vir misdadigers.
Lees hier wat sien sekuriteitsbeamptes  gereeld wanneer patrollie gery word.
1.) Hekke wat nie gesluit is nie, of heeltemal oopstaan.
2.) Motors wat nie gesluit is nie. As jy ‘n toesluit motorhuis het, of jou motor agter geslote hekke in jou erf kan parkeer, is dit beslis ‘n beter opsie as om jou motor in die straat te los.
3.) Fietse wat in die erf rondlê. Maak ook seker dat jou kinders hul fietse vassluit en dat geen kraggereedskap of ander elektriese gereedskap in jou erf rondlê nie. Bêre dit veilig en onthou om jou elektriese toebehore en ander waardevolle items te merk en ‘n lys by te hou van reeksnommers. Dit help die polisie om, sou gesteelde eiendom gevind word, die eienaars makliker op te spoor. Dit is ook waardevolle inligting vir versekeringsdoeleindes.
4.) Oop gordyne. Het jy al saans in die straat geloop en gesien hoeveel huise se gordyne is oop? Jy kan letterlik op straat staan en TV kyk. Onthou misdadigers sien op hierdie manier presies wat in jou huis is, en wat jou roetine is.
5.) Oop deure en vensters. Sluit jou deure en maak toe jou vensters waar moontlik. Veral deure moet nie net snags nie, maar ook bedags gesluit wees.
6.) Jong kinders wat doelloos in die strate ronddwaal. Weet waar jou kinders is en wat hul bewegings vir die dag is. Maak ook seker jy het kontaknommers vir hul vriende. Sou jou kind nie huistoe kom nie, kan hierdie inligting van groot waarde wees.
8.) Bitter min huiseienaars aktiveer saans hul alarm. Maak seker dat jou huisalarm veral ook saans geaktiveer is.
9.) Wees versigtig om nie net sommer uit te gaan as jou honde aanhoudend blaf nie. As jy enigsins rede het om te vermoed dat daar iets fout mag wees, skakel jou sekuriteitsmaatskappy.
10.) Vals alarms. Maak seker jou alarm is in ‘n werkende toestand deur dit gereeld te toets nadat jy die sekuriteitsmaatskappy in kennis gestel het dat jy jou alarm wil toets. Maak ook seker dat jou paniekaktivering werk.
11.) Koördinering in geval van nood. Onthou dat Parys Sekuriteit se beheerkamer nie net daar is om in geval van nood kliënte vinnig te hulp te snel, maar ook om nooddienste te help koördineer in ‘n spesifieke gebeurlikheid. So sal die beheerkamer byvoorbeeld ook die ambulansdienste in kennis stel as daar ‘n mediese noodgeval is, of die SAPD in geval van ‘n misdaadtoneel ens.
12.) Bure-betrokkenheid. Jou bure is ‘n belangrike deel van jou veiligheid in jou woonbuurt. Ken jou bure. Laat weet hulle en jou sekuriteitsmaatskappy as jy beplan om weg te gaan en los waar moontlik huissleutels by jou bure sodat sekuriteitsbeamptes toegang tot jou huis kan kry sou daar ‘n probleem ontstaan.
13.) Oop vensters en swak beligting by besighede. Maak seker jou besigheid se vensters is toe en dat daar goeie beligting is. Oop vensters veroorsaak dikwels vals alarms veral in wind en weer.
14.) Terselfdertyd is dit raadsaam om seker te maak dat jou perseel toeganklik is vir sekuriteitsbeamptes, sou hul nodig hê om op ‘n alarm te reageer. Toegegroeide persele skep ‘n maklike wegkruipplek.

Inligting verskaf deur Parys Sekuriteit

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button