Die 25ste Oppikoppi fees wat vanjaar sou plaasvind is gister (10 April) gekanselleer.
Volgens Beeld het Theresho Selesho, uitvoerende hoof van Matchboxlive, dié onthulling gemaak. Volgens Selesho sal daar in 2020 ‘n 25ste viering van die fees gehou word.
Beeld berig dat misdaad die grootste faktor was in die besluit om die fees vanjaar stop te sit. Talle feesgangers het tydens verlede jaar se fees gekla dat hulle besittings gesteel is. Boewe het selfs tente, kampstoele en koelbokse gesteel.
“Ons ondersoek die moontlikheid om die fees nadaer aan ‘n groot stad te skuif,” het Selesho gesê.
You can read the full story on our App. Download it here.