News

Ons salueer jou Dalene

Ons salueer jou, Dalene

“Vandag is ‘n moeilike dag. Die dag wat ons moes afskeid neem van jou”.

Dalene Combrinck is vanoggend 10 April, net vyf dae voor haar 38ste verjaardag, oorlede na haar bittere stryd met kanker wat  in Maart 2018 by haar gediagnoseer is.

Maar vandag onthou ons nie die seer nie. Ons onthou jou ongelooflike deursettingsvermoe, jou glimlag, ‘n liefdevolle mamma, vrou en vriendin, ‘n maat.

Iemand wat in soveel lewens deur jou lewe, maar ook in jou swaarkry mense aangeraak het.

Niemand van ons sou wou sien dat jy so ly nie. Tog het jy moedig terugbaklei. Jy’t ‘n indruk gemaak op elkeen van ons wat oor jou pad gekom het.

Vandag is jy verlos van pyn en groet ons jou Maandag 15 April, op jou verjaardag, ‘n laaste maal met jou begrafnis om 14:00 vanuit die Hervormde Kerk Parys

Dankie aan haar man, haar kinders, haar familie en soveel vriendehande – mense van oraloor wat gehelp het om Dalene se las te dra. Weet dat elke gebaar van liefde en vriendskap ook in hierdie hartseer tyd waardeer word.

Vandag is nie totsiens nie, vandag is tot weersiens…

Related Articles

Back to top button