NewsNews

Jan Taks op dié dae van lyn af

Verskeie van die Suid-Afrikaanse Inkomste Diens (SAID) se elektroniese dienste  sal van Vrydagmiddag 12 April tot Dinsdagoggend 16 April nie aanlyn beskikbaar wees nie, terwyl dit na ‘n nuwe platform geskuif sal word. Dit sluit  die eFiling diens in, asook die eFilling applikasie en e@syFile Employer. Verbruikers kan in die tyd ook verwag dat die Inkomstediens …

Verskeie van die Suid-Afrikaanse Inkomste Diens (SAID) se elektroniese dienste  sal van Vrydagmiddag 12 April tot Dinsdagoggend 16 April nie aanlyn beskikbaar wees nie, terwyl dit na ‘n nuwe platform geskuif sal word.

Dit sluit  die eFiling diens in, asook die eFilling applikasie en e@syFile Employer.

Verbruikers kan in die tyd ook verwag dat die Inkomstediens se webwerf nie beskikbaar sal wees nie.

Die skuif is luidens ‘n verklaring van die Inkomstediens deel van digitale transformatie  wat verskeie innoverende oplossings sal bied.

Belastingpligtiges sal steeds op die genoemde datums wel in persoon hul opgawes kan indien en ander dringende sake kan doen gedurende kantoorure by enige van die SAID kantore.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button