NewsNews

Pa skiet inbreker op dak, min wetend dis sy eie seun

Pa skiet inbreker op dak, min wetend dis sy eie seun

Coert Kruger jr (30).

 

VANDERBIJLPARK. – ‘n Tragiese voorval het onlangs Coert sr. (51) en Riana Kruger se lewens vir altyd verander, toe Coert jr. deur sy pa as ‘n inbreker aangesien en doodgeskiet is.
Dié tragedie het Vrydag (22 Maart) gebeur toe ‘n alarm by een van die huise op die Stephanopark-kleinhoewes afgegaan het. Coert sr., ‘n werknemer by Anglo Platinum, het saam met lede van Asec-veiligheidsmaatskappy na die onbewoonde huis gegaan om ondersoek in te stel.
Coert sr. het buite gewag terwyl die wagte die huis deursoek het.
Hulle het ‘n man gesien wat deur die plafon wou ontsnap en hom gewaarsku om af te kom. Coert wat buite gestaan het, het die man deur die dak sien ontsnap en het skote op hom gevuur. Die man het op die dak inmekaargesak en is op slag dood.
Toe die lyk van die dak verwyder is, moes hy met ‘n skok agterkom dat dit Coert jr. is. Volgens Gertrude Makhale, woordvoerder van die Vanderbijlpark-polisie, is Coert sr. dieselfde aand in hegtenis geneem.
Hy het Maandag 25 Maart in die landdroshof in die dorp verskyn en is op borgtog van R1 000 vrygelaat.
Makhale het ook aan die media bevestig dat Coert jr. vroeër dieselfde dag uit die Vanderbijlpark-polisieselle vrygelaat is, nadat hy vroeër daardie week weens ‘n dwelmverwante klag in hegtenis geneem is. Volgens Makhale is ‘n sak met juweliersware wat uit die huis gesteel is, na Coert jr. se dood by hom gevind.
David Mey, Coert sr. se regsverteenwoordiger, het aan Vaalweekblad gesê dat dit vir sy kliënt ‘n baie traumatiese ervaring is. Die saak is egter sub judice en meer inligting kan nie beskikbaar gemaak word nie. Coert sr. sal weer op 12 April in die hof verskyn.
* ‘n Verassingsdiens vir Coert jr. is op 27 Maart gehou.

Coert Kruger sr. (51)

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button