NewsNews

So kan jy ander help hierdie Paastyd

So kan jy ander help hierdie Paastyd

 

Hierdie Paasfees word daar nie net na paaseiers gesoek nie, maar ook na toegewyde bloedskenkers.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens, nooi die gemeenskap van Parys om bloed te skenk op Dinsdag 9 April by die Hervormde kerksaal (h/v Loop- en Paulsenstraat)  vanaf 13:00 – 19:00. Help die Bloeddiens om 100 eenhede bloed en meer in te samel voor die Paastyd.

Bloedvoorrade is gewoonlik laag gedurende hierdie tydperk weens baie publieke vakansiedae en langnaweke. Gereelde klinieke by skole, tersiêre instellings en besighede kan nie plaasvind nie, en dit het ʼn ernstige impak op pasiënte.

Die behoefte aan bloed neem ongelukkig nie af nie, en pasiënte benodig steeds ongeveer 3 000 eenhede bloed per dag. Vir elke dag wat hierdie doelwit nie bereik word nie, word die beskikbare voorraad uitgeput.

Om ʼn bloedskenker te word moet jy:

· Tussen die ouderdom van 16-65 wees

· Meer as 50kg weeg

· Iets voor jou skenking eet

· ʼn Veilige seksuele leefstyl lei

· Gesond wees op die dag van skenking

Help ons asseblief om ʼn bloedtekort hierdie Paastyd te voorkom om bloedskenking te ondersteun.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button