NewsNews

Hulle het jou liefde en hulp nodig

Kan jy help om vir hulle 'n liefdevolle huis te gee?

Hierdie pragtige diere wat tans by die Parys DBV is,  is dringend op soek na liefdevolle huise. Kan jy help?

Benewens die honde op die foto’s is daar ook twee pragtige volwasse wyfie katte.

Onthou dat die Parys DBV geen subsidies ontvang nie en suiwer afhanklik is van die Parys-gemeenskap se ondersteuning om ‘n waardevolle diens aan die gemeenskap te kan lewer. Elke bydrae hoe gering ookal, maak ‘n verskil, en verseker dat die DBV se deure oopbly.

As jy kan help of moontlik ‘n tuiste aan een van hierdie diere kan bied, skakel die Parys DBV by (056) 811 3671 gedurende kantoorure.

Dankie aan elkeen wat alreeds ‘n bydrae lewer. Dit word opreg waardeer.

.

Bo links is ‘n Foxterriër reuntjie van ‘n jaar oud, en ‘n volwasse Boston Terriër tefie.

‘n Pragtige jaaroue Kollie tefie

Ogies wat smeek vir ‘n liefdevolle huis. Die worshond tefie is net 18 maande oud. Onder  is ‘n 3 jaar oue reuntjie en regs ‘n ses maande oue terriër reuntjie.

Hierdie Pitbull tefie is net 4 maande oud.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button