NewsNews

Tolhekplan gekanselleer weens publiek se slim vermydingsplanne

Publiek dreig om beplande tolhekke te vermy en alternatiewe roetes te vind

 

 

Gautrans se plan om tolhekke op die Barrage-pad tussen Vereeniging en Vanderbijlpark op te rig, is gistermiddag summier gekanselleer nadat dié staatsdepartement besef het Vaaldriehoekse motoriste is veels te kreatief om hulle deur ‘n tolhek te laat stuit.

Baie Facebook-lesers wat gister se berig “Tolhek kom spoedig tussen Vging en Vbijl” gelees het, het alternatiewe uitgedink hoe hulle sulke tolhekke gaan “systap”.

“Dan ry ons maar net die Pan-pad,” het Michele Bester Lammertyn laat weet. Vele ander motoriste het beaam dat daar ander bekende en geheime ompaadjies tussen die twee dorpe is. Die meeste het gesê dat hulle liewer die pad wat parallel aan die Barrage-pad langs die Sharpeville-pan verbyloop,  sal gebruik om tolgeld te ontduik.

Sommige lesers het onderneem om te begin fietstrap en nóg ‘n paar het laat weet dat hulle per boot op die Vaalrivier tussen Vereeniging en Vanderbijlpark sal reis om tolgeld vry te spring. (Entrepreneurs, noudat ons daaraan dink – hier lê dalk in die toekoms ‘n goudmyn en wag vir iemand in die vorm van ‘n water-taxi!).

Parys Gazette verneem die kansellasie van die tolhekplan het niks daarmee te doen dat dit gister Gekkedag was nie….

Related Articles

Back to top button