NewsNews

Hoe om jou kontant en pinkode te bewaar

Die Gazette  gaan vir die volgende paar weke ʼn reeks wenke vir verskillende tipes bank-verwante misdade publiseer. Die inligting is deur Sabric verskaf.

Met vandag se tegnologie en jou geld wat basies op jou vingerpunte beskikbaar is, is daar net soveel meer maniere vir misdadigers om hul eie lang vingers ook op jou geld te kry.

Die Potchefstroom polisie in samewerking met die South African Banking Risk Information Centre (Sabric) sowel as Absa, Capitec en Standard Bank is besig met ʼn bewusmakingsveldtog om mense meer bewus te maak oor die verskeie tipes kubermisdaad wat misdadigers gebruik om bankkliënte te besteel.

Die Herald gaan vir die volgende paar weke ʼn reeks wenke vir verskillende tipes bank-verwante misdade publiseer. Die inligting is deur Sabric verskaf.

Hier is ‘n paar wenke oor hoe om jou pinkode en kontant te bewaar:

Bewaar jou geheime pinkode

• Hou altyd jou pinkode ‘n geheim

• Memoriseer jou pinkode en moet dit nooit iewers neerskryf nie

• Moet nooit jou pinkode vir iemand gee nie – nie ‘n familie-lid of selfs ‘n personeellid van die bank nie

• Kies ‘n pinkode wat nie maklik is om te raai nie. Moet byvoorbeeld nie jou geboortedatum as ‘n pinkode gebruik nie.

• Wanneer jy ‘n OTM of bankmasjientjie gebruik, maak seker niemand om jou kan jou pinkode sien nie. Hou jou ander hand oor die sleutelbord.

• Al is jy alleen by ‘n OTM, hou steeds die sleutelbord met jou ander hand toe aangesien kriminele soms geheime kameras in die OTM-masjiene installeer wat dalk jou pinkode kan optel.

• Wanneer jy ‘n OTM gebruik, maak seker niemand staan te naby aan jou nie. Die persoon mag dalk net jou pinkode sien en jou kaart gryp.

Bewaar jou kontant

• Baie misdadigers wag tot jy kontant getrek het voor hulle jou besteel. Wees versigtig vir verdagte mense wat naby die OTM rond drentel en maak seker niemand volg jou nadat jy kontant getrek het nie.

• Wanneer jy klaar kontant onttrek het, neem jou tyd om seker te maak jou bankkaart en kontant is veilig in jou beursie voor jy wegloop.

• Maak seker jou daaglikse kontant-onttrekkingslimiet is nie te hoog nie sodat in die geval waar iemand jou bankkaart en pinkode kry, hulle nie ‘n groot bedrag geld uit jou rekening kan onttrek nie.

• Kyk gereeld na jou bankbalans en indien daar skielik minder geld is, meld dit onmiddellik by jou bank aan.

• Probeer om eerder nie kontant te trek om inkopies te doen nie. Meeste winkels aanvaar debietkaart-transaksies.

• Wanneer jy klaar ‘n transaksie by ‘n OTM voltooi het, verlaat dadelik die OTM. Indien iemand jou terugroep en sê jy moet jou transaksie voltooi, skakel eerder die bank. Die persoon wat jou terugroep wil dalk jou bankkaart kloon.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button