NewsNews

Ringe oor die net vir SA-kragmeting

Hoewel die ringtennnis- seisoen nou na die SA’s gesluit is, sal sosiale spel in Parys weer middel April op Donderdae hervat word.

Ses Parysenaars het verlede naweek hul slag gewys by die 50ste SA Ringtennis-toernooi in Polokwane.
Die Parysenaars wat vir die Sedibeng A- en B-spanne gespeel het, was Attie Goosen (Sedibeng B-spanbestuurder), Esther Goosen, Louwrens Vos, en die Eybers-familie, pa, dogter en kleinkinders Elna, Juané en
Morné, en oupa Johan Britz van Kroonstad.
Die SA’s het enkelspel wedstryde, gemengde dubbels, mans dubbels en dames dubbels kragmetings ingesluit, met elke wen wat gesorg het vir twee punte op die telbord. Vier provinsies – Sedibeng, Gauteng-Sentraal, Limpopo en Gauteng-Noord het deelgeneem, terwyl ‘n Duitse klub ook hul slag kom wys het.
Sedibeng B waarvan Elna, Juané, Morné en Louwrens deel was, het aan die einde van die toernooi drie bronsmedaljes en ‘n silwermedalje huis toe gebring.
Morné is ook na afloop van die toernooi in die SA o.13 uitnodigingspan ingesluit, Louwrens en Juané in die SA o.21 uitnodigingspan en Esther in die SA Veterane uitnodiging-span.

Van links agter is ma en dogter, Juané en Elna Eybers, Esther en Attie Goosen en Elna se pa, Johan Britz. Voor is Morné Eybers en Louwrens Vos.


Wêreldkampioenskappe in dié sport word elke vier jaar gehou en is die 2018 Wêreld Ringtennistoernooi in Belarus gehou met Duitsland wat die wenners was.
Lande waar die sport tans gespeel word, sluit in Suid-Afrika, Duitsland, Indië, Amerika, Pakistan, Brazilië, Belarus, Pole en Nederland.
Die Parys Ringtennisklub sal in Mei vanjaar ‘n jaar oud wees en was dit die klub se eerste SA-deelname.Parys Ringtennisklub oefen Dinsdae en Donderdae tussen 17:00 en 18:00 in die NG-Oos kerksaal.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button