NewsNews

Fopnuus oor protes saai paniek

Fopnuus oor protes saai paniek

Vals beriggewing op ‘n sosiale media publikasie oor protesaksie in Parys wat kwansuis chaos veroorsaak het en  gelei het dat paaie gesluit is, het vandag, 26 Maart, groot paniek onder veral motoriste gesaai. Mense van sover as die Kaap en Johannesburg het dadelik begin navraag doen oor die toeganklikheid van paaie, en is die vals berig wyd gedeel.

Die feite in die berig was ver van die waarheid  en  is  intussen van sosiale media verwyder.

Wat is die korrekte feite:

Inwoners van Tumahole  het vanoggend wel ‘n protesaksie gehad het waarmee hul erwe van die Ngwathe munisipaliteit ge-eis het.

‘n Groep mense het vroeg vanoggend in die Winnie en Mbeki woonbuurte in Tumahole bymekaar gekom vanwaar hulle na die Master Nakedi binnenshuise sportsentrum beweeg het waar lyste opgesit was van mense wat erwe sou ontvang.

By die sportsentrum is daar met ANC-lede en raadslede samesprekings gehou.

Die Ngwathe burgemeester, me Joey Mochela, Ngwathe Munisipale Bestuurder, mnr. Bruce Kannemeyer, en van die munisipale direkteure het  die samesprekings bygewoon.

Die burgemeester het  met die groep gepraat en is onder meer diensleweringskwessies  uitgelig.

Teen  12:00 vanmiddag het die groep verdaag  maar kon daar toe nog nie tot ‘n vergelyk gekom word nie.

Daar was egter geen gewelddadige voorvalle nie, en geen paaie versper nie.

Die polisie het deurentyd ‘n wakende oog gehou.

Die les om te leer:

Wees baie versigtig om nie alles te glo wat jy op sosiale media lees nie. Fopnuus word maklik en vinnig versprei. Maak gebruik van nuusbronne wat ‘n bewese rekord het van akkurate beriggewing. Maak ook liewer seker van die egtheid van berigte voordat jy nuus deel, want vals beriggewing kan maklik paniek saai.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button