NewsNews

Kom kyk na ons besondere voëlskat

Kom kyk na ons besondere voëlskat

Almal wat in voëllewe belangstel, kom luister en kyk saam wanneer Feathers voëlklublede Donderdagaand 28 Maart om 18:30 by die Sally Martin Park-saal kom gesels oor die foto’s wat hulle geneem het.
Op Saterdag 30 Maart gaan die klub Thwane Bush Camp besoek.
Daar sal om 06:30 vanaf PnP se parkeerterrein vertrek word.
Almal wat belangstel in ons voëlskat en wat hier om Parys te siene is, is welkom om saam te gaan. Bring net jou piekniekmandjie, verkyker, voëlboek en stoel. Lidmaatskap van die klub gee lede die geleentheid om gereeld op uitstappies te gaan en plekke in die omgewing te sien wat hul andersins dalk nie sou kon sien nie. Stel jy belang? Kontak Hansie Bekker by (056) 811 4754 / 082 820 4306, Peter Killian by 083 625 8100, of kom kuier net saam Donderdagaand.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button