NewsNews

Hoe om nie ʼn teiken van OTM-bedrog te word nie

Hoe om nie ʼn teiken van OTM-bedrog te word nie

Met vandag se tegnologie en jou geld wat basies op jou vingerpunte beskikbaar is, is daar net soveel meer maniere vir misdadigers om hul eie lang vingers ook op jou geld te kry.

Die Potchefstroom polisie in samewerking met die South African Banking Risk Information Centre (Sabric) sowel as Absa, Capitec en Standard Bank is besig met ʼn bewusmakingsveldtog om mense meer bewus te maak oor die verskeie tipes kubermisdaad wat misdadigers gebruik om bankkliënte te besteel.

Die Herald gaan vir die volgende paar weke ʼn reeks wenke vir verskillende tipes bank-verwante misdade publiseer. Die inligting is deur Sabric verskaf.

Hier is ʼn paar wenke van wat jy moet en nie moet doen wanneer jy ʼn OTM gebruik:

Dit is wat jy moet doen

  • Indien dit vir jou lyk asof die OTM foutief is, kanselleer dadelik jou transaksie. Rapporteer die fout by jou bank en gebruik eerder ʼn ander OTM.
  • Maak seker jou bankkaart is reeds in jou hand voor jy na die OTM loop. So hoef jy nie jou handsak of beursie in die ry by die OTM uit te haal of oop te maak nie.
  • Wees versigtig vir vreemdelinge wat aanbied om jou by die OTM te help. Hulle is dalk net daar om jou aandag af te trek sodat hulle jou kaart of pinkode kan kry.
  • Maak seker jy volg die aanwysings op die OTM-skerm aandagtig.
  • Indien jy ʼn verdagte voorwerp of persoon naby die OTM sien, rapporteer dit aan die bank.
  • Kies ʼn bekende en wel-beligte OTM om jou transaksies by te doen, waar jy weet jy veilige en sigbaar is.
  • Rapporteer enige probleme wat jy by ʼn OTM ervaar aan die betrokke bank. Tolvrye nommers is op OTM masjiene beskikbaar.
  • Maak seker jy weet wat om jou aangaan. Moenie ʼn OTM gebruik as daar drentelaars of verdagte persone in die omtrek is nie. Onthou ook dat mense wat OTM-bedrog pleeg dikwels netjies aangetrek is, professioneel klink en ordentlik lyk.
  • Indien iemand jou steur of inmeng met jou transaksie by die OTM, onthou dat jou kaart gekloon kan word wanneer iemand die kaart uithaal en weer terug in die OTM druk. Indien so iets gebeur, kanselleer dadelik die transaksie en rapporteer dit deur die bank se stop kaart nommer te skakel wat tolvry is en op die OTM sigbaar sal wees.
  • Indien jy gesteur is terwyl jy besig was met ʼn transaksie, verander dadelik jou pinkode en stop jou kaart sodat niemand anders transaksies uit jou rekening kan maak nie.
  • Maak seker jy weet hoe die OTM moet lyk sodat jy dadelik sal agterkom indien daar ʼn vreemde voorwerp of toestel aan die OTM geheg is.

Dit is wat jy nie moet doen nie

  • Moet nooit iemand vra om jou by ʼn OTM te help nie. Nie eers ʼn sekuriteitswag of ʼn bank-personeellid nie. Gaan eerder in die bank in indien jy hulp nodig het.
  • Moet nooit jou kaart in die gleuf in forseer nie aangesien iemand dalk daaraan kon peuter.
  • Moet nooit jou kaart in die OTM druk indien die uitleg van die skerm vreemd lyk of dit lyk asof iemand aan die OTM gepeuter het nie.
  • Moet nie ʼn OTM gebruik as die kaart-gleuf, sleutelbord of skerm vreemd of anders lyk nie. Daar mag dalk toestelle in wees wat jou kaart kan kloon.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button