NewsNews

Ou Ventersdorp-pad ‘n nagmerrie vir bestuurders

Ou Ventersdorp-pad ‘n nagmerrie vir bestuurders

Hoewel ‘n nuwe deklaag teer sowat ‘n jaar en ‘n half gelede op die pad gespuit is om die oppervlak te herseël, is die slaggate nooit gevul nie. Dié het nou so baie geword dat selfs boere in die omgewing se voertuie beskadig word.
“Die hele pad is vol gate en ek het nou die dag twee bande in ‘n kwessie van drie dae verloor. Ek het nog nie eens tyd gehad om my spaarwiel te vervang toe ek die volgende een beskadig het nie,” sê Van Zyl.
Van Zyl vertel dat hy en sy seuntjie langs die pad gestrand sou gewees het as dit nie vir ‘n ouerige weldoener in ‘n Ford bakkie was wat ‘n nuwe band aangery en vir hom geskenk het na die tweede band afgeskryf is nie.
“Ek weet nou nog nie wie die oom is nie maar hoor hy bly iewers naby die sirkel. Ek is so dankbaar vir die hulp wat hy ons gegee het,” sê Van Zyl.
Hy sê inwoners van die omgewing weet nie by wie om te kla oor die probleem, wat die lewens van alle gebruikers van dié pad in gevaar stel, nie.
Die Herald het mnr. Dikkie Beukes van die Gauteng Paaie-departement oor die probleem gekontak. Volgens Beukes was hy nie bewus van die probleme nie en sal dit na die department se onderhoud-afdeling deurgee sodat daar “so vining as moontlik aandag daaraan gegee word.”

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button