NewsNews

Kyk maar mooi na jou hekmotor

Misdaadtendense beweeg dikwels oor na buurdorpe - wees daarom gewaarsku.

Heelwat gevalle veral in die Barrage, Sasolburg, Vaalpark en Vanderbijlpark omgewings, is reeds by die SAPD aangemeld vir die diefstal van hekmotors van elektriese motorhekke.
Huiseienaars met elektriese motorhekke word daarom gewaarsku om baie versigtig te wees en ekstra veiligheidsmaatreëls in plek te stel om jou eiendom te beskerm.
Die SAPD raai huiseienaars aan om hul naam en identiteitsnommer op ‘n manier op die hekmotor aan te bring, byvoorbeeld deur dit te graveer sodat dit nie maklik uitgewis kan word nie.
Dit is ook wys om die hekmotor stewig met ‘n steunarm aan die grond, of binne die eiendom vas te anker.
“Dit sal ook help om ‘n steunarm aan die bokant van die hek aan te bring. Diewe lig maklik ‘n hek van die spoor af en dié voorsorgmaatreël kan dit voorkom.”
Misdaadtendense beweeg dikwels oor na buurdorpe – wees daarom gewaarsku.

Related Articles

Back to top button