NewsNews

Vaaldriehoek-rockgroep stel nuwe enkelsnit vry en is op pad KKNK toe!

’n Musiekvideo van HARTJIE VAN DIE VRYSTAAT word ook vir binnekort beplan en sal ’n eerste wees saam met die nuwe lede, wat in 2017 bygekom het.

 

 

Hierdie oorspronklike snit, uit die groep se eie pen, bevat al die bestanddele van die perfekte opskop-rocktreffer wat nog vir jare op die dansvloer gaan koning kraai. “HARTJIE VAN DIE VRYSTAAT is ’n liedjie vir al die nooientjies daar buite. Nie om vlerk te sleep nie, maar om dankie te sê vir alles wat hulle vir die mans in hulle lewens doen – of dit nou toebroodjies-inpak vir werk is of selfs trekker-ry op die plaas,” verklap hoofsanger, Charl Bezuidenhout oor die betekenis agter hulle nuutste vrystelling. “Ek dink mense gaan van die liedjie hou, omdat die lewe van ’n regte plaasmeisie uitbeeld. As jy nie ’n plaasmeisie is nie, sal dit jou laat hunker na die plaaslewe of nostalgies laat verlang na die plaas waarop jy grootgeword het.”

 

Luister dit op SoundCloud: https://soundcloud.com/user-20643435-613167668/johnnie-takbok-hartjie-van-die-vrystaat

 

Die groep, wat bekendheid verwerf het vir hulle unieke klank en energieke verhoogpersoonlikheid, maak ook in 2019 hulle debuut op die KKNK-verhoog en is baie opgewonde om hulle musiek, en nuwe enkelsnit, met die land te deel. “Ons is baie dankbaar oor die geleentheid om by die KKNK op te tree vanjaar. Dis beslis ’n groot mylpaal in ons musiekloopbaan, omdat dit Suid-Afrika se grootste kultuurplatform is… nie net om by op te tree nie, maar ook om ’n boodskap oor te dra aan die volk, met ’n bietjie ouskool-rock daarby,” sê Charl.

 

KKNK-DATUMS

Saterdag, 23 Maart 2019 – KKNK Kuiertuin (17h00 tot 18h00)

Sondag, 24 Maart 2019 – Headlines Restaurant, Oudtshoorn (15h00 tot 16h00)

Maandag, 25 Maart 2019 – Headlines Restaurant, Oudtshoorn (17h00 tot 18h00)

Maandag, 25 Maart 2019 – Brian’s Grill, Oudtshoorn (22h00 tot 23h00)

Dinsdag, 26 Maart 2019 – KKNK Kuiertuin (18h00 tot 20h00)

Dinsdag, 26 Maart 2019 – Brian’s Grill, Oudtshoorn (21h00 tot 22h00)

Woensdag, 27 Maart 2019 – Headlines Restaurant, Oudtshoorn (18h00 tot 19h00)

 

Related Articles

Back to top button