Hierdie 6 uitblink atlete van Parys Primêre skool gaan vandag en more (15 en 16 Maart) as deel van die Vrystaat skole-atletiekspan in Germiston aan die SA Skole atletiekkampioenskappe deelneem.
Hulle is Lana Burger (1ste in die Vrystaat met ‘n nuwe rekord vir verspring), Anika Botes (1ste hekkies en 100m en 2de in verspring. Sy het ook 2 nuwe rekords opgestel). AJ Meyer (1ste in hoogspring), Zak Naude (1ste in diskusgooi), Ingemar Fouche (3de in gewigstoot) en Jané Esterhuizen (3de in verspring).
Ons hou styf duim vas vir julle.