Kom deel in die pret van ‘n “Full Moon Fun Run” op Woensdag 20 Maart vanaf 18:30 by The Clubhouse op die Parys Golf & Country Estate. Registrasie vanaf 17:45.
Daar is ‘n 5km of 10km pretstap of hardloop, en selfs honde aan ‘n leiband is baie welkom om saam te kom. Alle fondse wat ingesamel word is ten bate van die Parys DBV. Na die tyd kan jy rustig gaan ontspan vir aandete by die Parys Golf & Country Estate restaurant.
Die koste om deel te neem aan die Full Moon Fun Run is slegs R30 vir die 5km en R50 vir die 10km. Vir navrae skakel Lorette by 082 853 7275.