NewsNews

Gazette webtuiste onder top 5 vir groei

Dankie aan elkeen van ons lesers sonder wie die prestasie nie moontlik sou wees nie.

Parys Gazette het die merkwaardige prestasie behaal om onder die top 5 Caxton digitale publikasies landwyd gelys te word wat die grootste webbesoek groei getoon het in Januarie 2019 in vergelyking met dieselfde tydperk verlede jaar. Caxton het 120 publikasies lamdwyd en 73 webtuistes.
Parys Gazette het n gemiddeld van 116 462 besoeke vir Januarie 2019 gehad wat 332,6% groei is in vergelyking met die 2018 syfer.

Sonder u as leser sou hierdie prestasie nie moontlik gewees het nie en sê ons hiermee dankie aan al ons lesers.

Meeste webverkeer kom volgens die statistieke van selfone (76,1%), terwyl 17,96% gebruikers toegang tot die webwerf deur hul rekenaars kry, en 5,90% van tablette.

Tans is Parys Gazette se webtuiste ‘n verlenging van die gedrukte publikasie, met nog heelwat meer nuus wat daagliks ook op die webtuiste geplaas word.

Die webtuiste stel lesers ook instaat om die inhoud van die gedrukte koerant digitaal te kan lees en opvolgberigte te kry, asook om nuusflitse wat onmiddellik aan die gemeenskap deurgegee moet word, te kan plaas.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button