NewsNews

Stem nou vir Potchefstroom as Kwêla se dorp van die jaar

Stem nou vir Potchefstroom as Kwêla se dorp van die jaar

Potchefstroom het deurgedring na die semi-finale ronde van die Kwêla Dorp van die Jaar kompetisie en Potchefstromers het slegs tot Vrydag om te stem.

Potchefstroom is een van die drie dorpe wat in die Gauteng/Noordwes-streek deurgedring het. Die ander twee dorpe wat deurgedring het is Klerksdorp en Krugersdorp.

Stem vir Potchefstroom deur “Potchefstroom” na 33157 te SMS. Lyne sluit Vrydag 15 Maart om 12:00 die middag. Die ronde laat net 30 sms’e per nommer toe. Die dorp met die meeste stemme dring  na die finale ronde deur.

Kwêla sal ’n insetsel op elk van die nege wendorpe verfilm.

Wanneer al nege dorpe op Kwêla gewys is, sal die publiek van 18:00 op 26 Mei tot 12:00 31 Mei 2019 vir die wendorp kan stem.

Die wendorp word op 16 Junie 2019 op Kwêla aangekondig.

Die wendorp wen ’n ongelooflike R1 miljoen se bemarkingswaarde van kykNET. Homebrew Films, die vervaardigers van Kwêla, sal ’n 45 sekonde advertensie oor die dorp maak, wat gedurende kykNET se advertensietyd uitgesaai sal word.

Daar sal ook ’n groot KIA dorp van die jaar-makietie in die wendorp gehou word – musiek, kos, pret en sommer baie van daai wendorp-gees! Kwêla sal weer daar wees om dit te verfilm, en dit sal later die jaar uitgesaai word.

 

Related Articles

Back to top button