NewsNews

‘n Noot vir Dalene

Vriendehande reik uit na 'n dierbare vriendin

Jy ken dit as noot-vir-noot. Musiekpret en kuier op sy beste. Maar hierdie is anders. Hier kan jy ‘n verskil maak in die lewe van ‘n jong vrou en mamma van drie van Parys, Dalene Combrinck, wat ‘n baie moeilike pad met kanker loop.

Die Noot vir Dalene geleentheid was die gedagte van ‘n groepie vriende wat hiermee uitreik na  ‘n dierbare vriendin om te help met haar mediese uitgawes en toekomstige paliatiewe sorg.

Dalene is in Maart 2018 op 37 met ‘n baie seldsame karsinoom by haar traanklier gediagnoseer.  Nog gewasse is daarna ook gekry en het dit  ingrypende aanpassings van haar geverg. Die kanker het ook reeds na haar lewer en longe versprei.

Hoewel Dalene té swak is om verdere behandeling te kan ontvang, is daar steeds mediese uitgawes en sorg wat sy nodig het.

‘n Noot vir Dalene word aangebied op 30 April om 18:00 vir 18:30 met musiekpret saam met Jaco Dixon in die skoolsaal van Parys Primêre skool. Daar is nog plek beskikbaar vir die 20 tafels wat vir die aand beskikbaar is.

Bring jou koelhouer en verversings en kom kuier saam.

Met ‘n kaartjie van net R125 per persoon, of R250 per paartjie kan jy ‘n daadwerklike verskil in Dalene en haar gesin se lewens maak. Selfs pryse vir die aand is welkom. Vir besprekings en kaartjies skakel Cornel by 083 258 0805 of Mercia by 082 817 2476.

Dankie vir elkeen wat alreeds die pad saam met hierdie gesin loop. Vir elkeen wat in Desember die gholfdag vir Dalene ondersteun het. Elkeen wat op watter manier ookal alreeds Dalene se las help dra.

Dalene saam met haar gesin.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button